MaWees Vrugte van die Gees E-Boek
MaWees se Vrugte van die Gees saamgesels boekie is 'n ideale hulpbron om lekker gesprekke rondom die Woord van God met jou kinders te voer.
Help jou tieners om die Vrugte van die Gees op 'n praktiese en betekenisvolle manier te ontdek met die MaWees Vrugte van die Gees saamgesels Bybelstudie vir tieners en ouers.
Hierdie interaktiewe Bybelstudie gids is ontwerp om gesinne te help om dieper en doelbewuste geloofsgesprekke by die huis te voer. Elke studie fokus op een van die vrugte van die Gees uit Galasiërs 5:22-23 en bevat vrae, oordenkings en aktiwiteite wat tieners help om dit prakties uit te leef.
Perfek vir gesinsbybelstudies, tuisonderrig of vakansies.
Hierdie e-boek bevat:
- Bybelstudie oor die 9 Vrugte van die Gees
- Gespreksvrae vir die gesin
- Praktiese uitdagings en toepassings
- Kindervriendelike aktiwiteite
Die volgende is beskikbaar in digitale formaat:
- Vrugte van die Gees saamgesels boekie vir ouers en tieners (E-boek)
- Ons Glo Bybelstudie vir die gesin (E-boek)
Let wel:
- Hierdie Bybelstudie gids is slegs beskikbaar in Afrikaans
- Hierdie produk is 'n digitale e-boek en vereis 'n eBook Reader om te lees. Ons beveel die gratis Kindle-toep aan, wat beskikbaar is vir iPhone, iPad, Android-fone en - tablets. Laai eenvoudig die Kindle-toep vanaf jou toestel se app winkel af, maak jou e-boek daarin oop en geniet jou Bybelstudie waar jy ook al is.
- Omdat hierdie 'n digitale aflaaibare produk is, kan ons ongelukkig geen terugbetalings of omruilings aanbied nadat die aankoop voltooi is nie.
Free shipping is automatically applied upon checkout